SAWEERMAGBOND / SA DEFENSE FORCE BOND 

            Die S A Weermagbond (SAWB) is ‘n vreedsame organisasie in opvolging van die formidabele vorige Suid-Afrikaanse Weermag (SAW).

Na die ontbinding van die SA Weermag in 1994 het terreur in veelvuldige ander vorme (onder andere met plaasmoorde en die jaarlkse landwye branstigters met hul verwoestende veldbrande) voortgeduur en vier anargie, misdaad en korrupaie in alle dimensies hoogty sodat die uiteindelike algehele verval van die land onafwendbaar is. Die enigste uitweg oor om dit te verhoed, is om die oorblywende weerbare soldate van die eertydse SA Weemag  (Leër, Lugmag, Vloot. Burgermag en Kommando’s) asook ondersteuners vir landswye diens in hul eie stede en dorpe op te roep met die opdrag om self plaaslik te organiseer en met volledig-gedeligeerde magte op te tree.

Alternatiewelik kan lede ook by bestaande sekuriteitsorganisasies inskakel (kyk ook webtuiste: www.berkwinptyltd.co.za).

As Suid-Afrika nie sy anargie vernietig nie, gaan Suid-Afrika deur sy anargie vernietig word. Die SAWB met sy paar honderdduisend deelnemers is die enigste mag wat hierdie tragedie kan keer.

In hierdie geval gaan die SAWB egter ‘n geweldlose operasie uitvoer met die toepassing van: (1) DOMEIN-DOMINERING. (2)  DIE IDENTIFISERING VAN OORTREDERS en (3) DIE SKAKELING EN SAMEWERKING MET DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS VIR DIE ARRESTASIE EN ELIMINERING VAN DIE OORTREDERS.

            Implementering van die SAWB is onmiddellik van krag. Saamtrekke word ook drie maal per jaar op Saterdae gehou, naamlik op 6 April (Wit Stigtingsdag – ter herdenking van die Europese migrasies van Hollanders, Franse Hugenote, Duitse immigrante en die 1820 Britse Setlaars na Suid-Sfrika], 31  Mei (die ou Republiekdag) en 10 Oktober (Heldedag) of op die eersvolgende Saterdae daarna. Die Saamtrekke sal op die skougrond in elke  stad en dorp plaasvind vanaf 11:00 tot 16:00. Reëlings vir die gebruik van die skou- of alternatiewe terrein moet deur plaaslike SAWB lede self getref word. 

            Lede moet hul eie stoele saambring en self hul toegansgeld betaal. Die standaardprogram is soos volg: (1) Opening en Verwelkoming. (2) Verkiesing van Lede van die Reëlingskomitee (Voorsitter en Sekretaris). (3) Instelling van ‘n heildronk op die ou SAW. (4) Sosialisering en ete met elkeen se persoonlike  eet- en drinkgoed (letwel: geen oop vure word toegelaat nie, slegs gasbranders  vir braaivleis ten einde die terrein skoon te hou). (5) Afsluiting van die verrigtinge met die sing van die eerste vers van die “Stem van Suid-Afrika”. (6) Opruiming van die terrein.

            Tydens die Saamtrekke mag enige siviele-/kamoefleerdrag of die ou SAW Unievorms vrywillig gedra word met die rangkentekens asook die person se rang en naam en ou SAW eenheid op die regterbors vasgespeld  en die medaljes op die linkerbors.

Skakelpersoon:  Jan Labuschagne by selfoonno: 0826936095.

                                    *********************

            The SA Defense Force Bond (SADFB) is a peace loving organization in commemoration of the formidable previous South African Defense Force.

            After the disbanding of the SA Defense Force in 1994 terror in multiple dimensions (amongst others with farm murders and the incendiaries with their annual countrywide disastrous veld fires) continued and with anarchy, crime and corruption at scary levels, which will inevitably lead to the complete decay of the country. The only way to prevent this is to remobilize all the available soldiers of the SADF (Army, Air Force, Navy, Citizen Force and Commandos) as well as supporters for countrywide service in their own cities and towns with the instruction to organize locally and act with complete delegated powers.  

Alternatively members can also join with local security organisations (see also website: www.berkwinptyltd.co.za).

If South Africa fails to destroy her anarchy, her anarchy will destroy South Africa. The SADFB with his multiple hundred thousand partners is the only force to prevent this tragedy.   

            In this case the SADFB will, however, perform a violent-less operation through: (1) DOMAIN DOMINATION. (2) THE IDENTIFICATION OF TRESSPASSERS and (3) THE LIAISON AND CO-OPERATION WITH THE SOUTH AFRICAN POLICE SERVISE FOR THE ARREST AND ELIMINATION OF THE TRESSPASSERS.

            Implementing of the SADFB is of immediate effect. Gatherings will take place three times annually on Saturdays on 6 April (White Founding Day – in commemoration of the European migrations of Hollanders, French Huguenots, German immigrants and the 1820 British Settlers to South Africa), 31 May (the old Republic Day) and on 10 October (Hero’s Day) or the first Saturdays following. These Gatherings are to be held on the show terrain of every city and town from 11:00 to 16:00. Arrangements for the use of the show or alternative terrain must be done by the local SADFB members themselves. 

            Members must bring along their own chairs and pay their own entrance fees. The standard program is as follows: (1) Opening and Welcoming, (2) Election of members of the Organising Committee (Chairperson and Secretary). (3) Presentation of a toast on the old SADF. (4) Socialising and dining  with own rations and drinks. (Note that only gas burners and no open fires are allowed in order to keep the terrain tidy}. (5) Closing of the gathering with the singing of the first verse of “Die Stem van Suid-Afrika”. (8) Cleaning of the terrain.

            Attendants of the Gatherings may wear any civilian/camouflage dress or any of the old SADF uniforms with the appropriate rank/pips and the person’s rank and name and old SADF unit pinned on the right breast and the medals on the left breast.

Contact person: Jan Labuschagne,  cell no: 0826936095